Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitdrukking
uitdrukking [boodskap #129286] Vr, 17 Januarie 2020 14:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18903
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitdrukking
Afbreking: uit•druk•king
Uitspraak: /ˈœi̯(t).drœ.kəŋ/


Selfstandige naamwoord: uitdrukking
Meervoud: uitdrukkinge, uitdrukkings
Verkleinwoord: uitdrukkinkie
Meervoud van verkleining: uitdrukkinkies

Betekenis:
• Woorde wat gereeld saam gebruik word; segswyse, gesegde, bewoording.
• Die gesig op 'n spesifieke manier trek.
• Die uiting van gevoelens.

Gebruik:
• "So waar as padda manel dra" is 'n uitdrukking ter versterking van iets wat gesê is.
• Die hanswors het 'n hartseer uitdrukking op sy gesig.
• Sy skryf 'n boek waarin sy uitdrukking aan haar gevoelens gee.

Sinoniem:
• ekspressie

Afgelei:
• gesigsuitdrukking

Vertaling:
Engels: expression, phrase, term, wording
Nederlands: uitdrukking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitdink
Volgende onderwerp: uitgaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 03:38:29 MGT 2024