Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kok
kok [boodskap #128573] Do, 05 Desember 2019 18:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18995
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kok.
'n Kok.
kok
Afbreking: kok


Selfstandige naamwoord: kok
Meervoud: kokke, koks
Verkleinwoord: kokkie
Meervoud van verkleining: kokkies

Betekenis:
• Iemand wat voedsel tot 'n maaltyd voorberei.
• Persoon wat in 'n restaurant of ander eetplek kook; wie se beroep dit is om vir ander kos te maak.

Gebruik:
• Hy het jag, visvang en timmerwerk geniet en was ook 'n buitengewoon goeie kok.
• Die kok van konings Karel V en Karel VI se hoofwerk, Le Viandier, is die oudste kookboek van Frankryk.

Spreekwoord:
• Skraalhans is vandag die kok. [Daar is vandag min om te eet.]
• Honger is die beste kok. [Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.]
• As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly. [Wanneer twee samesweerders rusie kry, openbaar hulle mekaar se geheime.]

Verwant:
• sjef

Vertaling:
Engels: cook, chef, caterer
Nederlands: kok

Nota:
• Die woord "kok" is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koevert
Volgende onderwerp: kollege
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 08:24:38 MGT 2024