Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kap
kap [boodskap #128390] So, 17 November 2019 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19422
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kap
Afbreking: kap


Werkwoord: kap
Verlede tyd: het gekap
Verlede deelwoord: gekapte

Betekenis:
• Hard en vinnig met iets slaan.
• In stukke slaan.

Gebruik:
• Sy kap 'n spyker in die muur.
• Hy kap hout om vuur te maak.

Spreekwoord:
• 'n Dik boom met 'n klein byltjie kap. [Met onvoldoende toerusting 'n groot taak aanpak.]

Afgelei:
• fynkap
• opkap

Vertaling:
Engels: to hit, chop, fell
Nederlands: kappen


Selfstandige naamwoord: kap
Meervoud: kappe
Verkleinwoord: kappie
Meervoud van verkleining: kappies

Betekenis:
• 'n Bedekking ergens bo-oor iets (soos die skerm van 'n lamp of die deksel oor die enjin van 'n motor).
• Die handeling van kap.

Gebruik:
• Die huis se kap moet reggemaak word.
• Met die eerste kap van die hamer skrik sy haar boeglam.

Spreekwoord:
• Agter die kap van die byl kom. [Iets agterkom; uitvind hoe iets inmekaarsteek.]

Hiponiem:
• enjinkap
• gordynkap

Vertaling:
Engels: hood, roof, top, bonnet
Nederlands: kap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kantoor
Volgende onderwerp: kaptein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 03:45:27 MGT 2024