Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaptein
kaptein [boodskap #128391] So, 17 November 2019 09:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaptein
Afbreking: kap•tein


Selfstandige naamwoord: kaptein
Meervoud: kapteins
Verkleinwoord: kapteintjie
Meervoud van verkleining: kapteintjies

Betekenis:
• Die persoon wat in bevel is van 'n skip.
• Die leier wat in beheer is van span of 'n groep.
• 'n Militêre rang, meestal bokant luitenant, maar onder majoor.

Gebruik:
• Die kaptein van 'n skip het vele wetlike bevoegdhede, onder meer die reg om enigiets te doen om muitery en kaping te voorkom.
• Hy is as die kaptein van die skool se rugbyspan aangewys.
• Sy is tot kaptein bevorder.

Afgelei:
• kapteinskap

Afkorting:
• kapt.

Vertaling:
Engels: captain
Nederlands: kapitein

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kap
Volgende onderwerp: karton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 18:13:01 MGT 2024