Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boog
boog [boodskap #127782] Vr, 20 September 2019 13:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boog.
'n Boog.
'n Sirkel met boog en middelpuntshoek aangedui.
'n Sirkel met boog en middelpuntshoek aangedui.
boog
Afbreking: boog


Selfstandige naamwoord: boog
Meervoud: boë
Verkleinwoord: bogie
Meervoud van verkleining: bogies

Betekenis:
• Wapen wat pyle skiet, tipies met 'n gebuigde lat en 'n snaar.
• Iets met die vorm van 'n boog, soos die kromme van 'n vlieënde voorwerp, poort met 'n U-vorm of 'n sirkelboog.

Gebruik:
• Die Boesmans het met 'n pyl en boog gejag.
• Die bal trek met 'n boog deur die lug.

Spreekwoord:
• Die boog kan nie altyd gespanne bly nie. ['n Bietjie rus en ontspanning is ook nodig.]
• Hy het meer as een pyl op sy boog. [Meer as een middel om jou doel te bereik.]

Afgelei:
• boogskiet
• boogskutter
• gradeboog
• boogvenster
• neonboog
• reënboog

Vertaling:
Engels: bow; arch, arc, curve, bend
Nederlands: boog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duskant
Volgende onderwerp: boomhuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:05:42 MGT 2024