Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aartappel
aartappel [boodskap #127551] So, 25 Augustus 2019 07:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Aartappels
Aartappels
aartappel
Afbreking: aart•ap•pel
Samestelling: aart + appel
Uitspraak: /ˈɑːrtˌa.pəl/


Selfstandige naamwoord: aartappel
Meervoud: aartappels
Verkleinwoord: aartappeltjie
Meervoud van verkleining: aartappeltjies

Betekenis:
• (plantkunde) Styselryke, knolagtige plant van die Solanaceae-familie.
• (voeding) Eetbare knol van die plant; soort groente wat onder die grond groei waarvan aartappelskyfies, kapokaartappels en slaai gemaak word.

Gebruik:
• Net die aartappel se knol word geëet, omdat die bogrondse groen gedeelte giftig is.
• Vir baie is aartappels, vleis en groente is die standaard hoofmaal.

Spreekwoord:
• Daar is 'n aartappel in jou kous. [Jou kous is stukkend.]
• Hy is 'n ongeskilde aartappel. ['n Ongemanierde vent.]

Wisselvorm:
• ertappel

Afgelei:
• aartappelmoer
• aartappelskyfie
• aartappelslaai
• kapokaartappel

Vertaling:
Engels: potato
Nederlands: aardappel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aards
Volgende onderwerp: adres
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:58:50 MGT 2024