Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barbier
Barbier [boodskap #126948] Sa, 06 Julie 2019 21:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Barbier wat 'n kliënt se hare knip.
'n Barbier wat 'n kliënt se hare knip.
'n Barbier is iemand wie se beroep dit is om te skeer en hare te sny. Dit is 'n baie ou beroep wat reeds deur die Egiptenare in hoë aansien gehou is. Die naam is afgelei van die Latynse Barba wat baard beteken.

Vroeër was die barbier ook 'n amateurdokter en -tandarts. Die gewildste vorm van genesing was om die pasiënt te laat bloei deur 'n aar in die arm oop te maak, of deur bloedsuiers aan te wend (bloedlating). Die barbier se paal simboliseer 'n arm, rooi van die bloed en toegebind met 'n wit verband.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barber, Samuel
Volgende onderwerp: Barbirolli, sir John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 11:23:34 MGT 2024