Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eis
eis [boodskap #126912] Sa, 06 Julie 2019 07:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eis
Afbreking: eis




Selfstandige naamwoord: eis
Meervoud: eise
Verkleinwoord: eisie
Meervoud van verkleining: eisies

Betekenis:
• Versoek of voorwaarde waaraan voldoen moet word; noodsaaklike voorwaarde vir iets.
• Poging om iets te bekom.

Gebruik:
• Die inwoners het 'n eis vir beter dienslewering by die munisipaliteit ingedien.
• Sy het 'n eis vir skadevergoeding ingestel.

Hiponiem:
• beroepseis
• gebiedseis
• looneis
• toelatingseis

Afgelei:
• eiser
• eisvorm

Homofoon:
• ys (bevrore water)

Vertaling:
Engels: claim, demand; requirement, requisite
Nederlands: eis


Werkwoord: eis
Verlede tyd: het geëis

Betekenis:
• Om gebiedend op iets aan te dring; vra vir wat jou toekom of waarop jy reg het.

Gebruik:
• Die werkers eis 'n loonsverhoging.

Afgelei:
• opeis
• teeneis
• terugeis

Vertaling:
Engels: to claim, demand; to require
Nederlands: eisen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ys
Volgende onderwerp: seeleeu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 03:30:21 MGT 2024