Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ys
ys [boodskap #126911] Sa, 06 Julie 2019 07:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18919
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Ys aan die takke van 'n boom.
Ys aan die takke van 'n boom.
ys
Afbreking: ys




Selfstandige naamwoord: ys
Meervoud: yse
Verkleinwoord: ysie
Meervoud van verkleining: ysies

Betekenis:
• Water wat hard geword het. Die vaste vorm van water as dit vries; bevrore water.
• 'n Bevrore lekkerny (slegs verkleiningsvorm – ysie, ysies).

Gebruik:
• Water word op 0° Celsius ys.
• Die kinders het koeldrank in die vrieskas gesit om ysies te maak.

Spreekwoord:
• Hy is op dun ys. [In gevaar verkeer.]
• Jou op gladde ys waag. [Iets gevaarliks onderneem.]
• Jy moet eers die ys breek. [Die eerste moeilikheid of koelheid oorkom.]

Antoniem:
• stoom

Afgelei:
• dryfys
• pakys
• yskoud
• yssee

Homofoon:
• eis (gebiedend aandring op iets)

Vertaling:
Engels: ys
Nederlands: ijs


Werkwoord: ys
Verlede tyd: het geys
Teenwoordige deelwoord: ysende

Betekenis:
• Water wat vries.
• (figuurlik) Bewe/ril van vrees of afsku.

Gebruik:
• Vandag gaan dit ys. Dit was so koud dat die water geys het.
• Ek ys as ek dink hoe amper die kind gebrand het.

Sinoniem:
• vries

Antoniem:
• kook

Vertaling:
Engels: to freeze; to shudder, shiver
Nederlands: vriezen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tronk
Volgende onderwerp: eis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 13:05:04 MGT 2024