Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tronk
tronk [boodskap #126910] Sa, 06 Julie 2019 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gevangenes in 'n tronk.
Gevangenes in 'n tronk.
tronk
Afbreking: tronk




Selfstandige naamwoord: tronk
Meervoud: tronke
Verkleinwoord: tronkie
Meervoud van verkleining: tronkies

Betekenis:
• Gevangenis; plek van aanhouding; 'n gebou of kompleks van geboue waar mense vir hul oortredings opgesluit word.

Gebruik:
• Mense wat in 'n tronk aangehou word, word gevangenes of prisoniers genoem.
• Die personeel wat die tronk beman en bedryf word tronkbewaarders genoem.

Spreekwoord:
• Van nuuskierigheid is die tronk vol. ['n Mens moenie te nuuskierig wees nie.]
• Sy gesante en trawante sit saam in die tronk. [Iemand se helpers, veral in slegte sake.]

Sinoniem:
• gevangenis
• tjoekie

Hiponiem:
• kerker

Verwant:
• gevangene

Afgelei:
• tronkbewaarder
• tronksel
• tronkvoël

Vertaling:
Engels: prison, jail, gaol
Nederlands: gevangenis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doos
Volgende onderwerp: ys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 23:52:49 MGT 2024