Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maatskappy
maatskappy [boodskap #126698] Do, 20 Junie 2019 06:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19024
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maatskappy
Afbreking: maat•skap•py




Selfstandige naamwoord: maatskappy
Meervoud: maatskappye
Verkleinwoord: maatskapytjie
Meervoud van verkleining: maatskapytjies

Betekenis:
• (ekonomie) 'n Groep mense wat saam sake doen; geregistreerde firma of organisasie wat handel dryf; handelsvereniging.
• (sosiologie) Die samelewing; sosiale orde; omgang van mense met mekaar.

Gebruik:
• Niemand wil aandele in 'n bankrot maatskappy koop nie. 'n Openbare maatskappy het die afkorting "Bpk." na die naam en 'n privaat maatskappy "(Edms.) Bpk."
• Mens en maatskappy is op mekaar aangewese.

Sinoniem:
• firma
• bedryf

Afgelei:
• maatskappybelasting
• maatskappydireksie
• maatskappyvorming
• maatskappywaardes
• maatskappywet
• maatskappywins
• maatskappywording

Vertaling:
Engels: company, society, partnership
Nederlands: maatschappij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: neologisme
Volgende onderwerp: besoedeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:24:38 MGT 2024