Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » asseblief
asseblief [boodskap #126609] Do, 13 Junie 2019 20:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
asseblief
Afbreking: as•se•blief
Uitspraak: /ɑsəbliːf/




Bywoord: asseblief

Betekenis:
• Vra hoflik vir iets; 'n beleefde aandrang by 'n versoek of versterking van 'n bevel.

Gebruik:
• Gee asseblief die sout en peper aan.
• Dames en here, u aandag asseblief.

Wisselvorm:
• seblief

Afkorting:
• asb.

Vertaling:
Engels: please
Nederlands: alstublieft


Tussenwerpsel: asseblief

Betekenis:
• Uitdrukking van ergernis, ontsteltenis of ontkenning.

Gebruik:
• Ag asseblief! Spaar ons die details.

Vertaling:
Engels: please
Nederlands: alstublieft


Selfstandige naamwoord: asseblief

Betekenis:
• Om asseblief te sê.

Gebruik:
• Ek het nie eers 'n asseblief gekry nie.

Vertaling:
Engels: please
Nederlands: alstublieft

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: internis
Volgende onderwerp: vrees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 07:20:56 MGT 2024