Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hooftelwoord
hooftelwoord [boodskap #126593] Wo, 12 Junie 2019 17:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hooftelwoord
Afbreking: hoof•tel•woord
Samestelling: hoof + telwoord



Selfstandige naamwoord: hooftelwoord
Meervoud: hooftelwoorde
Verkleinwoord: hooftelwoordjie
Meervoud van verkleining: hooftelwoordjies

Betekenis:
• (grammatika) Woordsoort wat die hoeveelheid of aantal aandui.

Gebruik:
• Telwoorde word onderverdeel in hooftelwoorde en rangtelwoorde.
Hooftelwoorde word in bepaalde en onbepaalde hooftelwoorde verdeel.
• Bepaalde hooftelwoorde sê presies hoeveel daar is, bv. een, drie en honderd.
• Onbepaalde hooftelwoorde dui nie die presiese aantal aan nie, bv. baie, heelwat, weinig, min, verskeie, ens.

Afkorting:
• hooftelw.

Vertaling:
Engels: cardinal number
Nederlands: hoofdtelwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stukkend
Volgende onderwerp: rangtelwoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 00:57:34 MGT 2024