Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » homoniem
homoniem [boodskap #126565] Wo, 12 Junie 2019 07:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
homoniem
Afbreking: ho•mo•niem
Uitspraak: /ɦuə̯munim/



Selfstandige naamwoord: homoniem
Meervoud: homonieme
Verkleinwoord: homoniempie
Meervoud van verkleining: homoniempies

Betekenis:
• 'n Woord wat dieselfde as 'n ander woord geskryf en uitgespreek word, maar verskillende betekenisse het.

Gebruik:
• "Brak" (hond) is 'n homoniem van "brak" (souterig).
• "As" (dit wat oorbly as iets verbrand het), "as" (van 'n motor) en "as" (indien dit so is) in homonieme.
• "Leer" is 'n goeie voorbeeld om homonieme te verduidelik: 'n leer om by die dakgeut uit te kom; leer in jou sykous; leer waaruit riempies en skoene gemaak word; en leer 'n les.
• Die verskil in betekenis tussen een homoniem en 'n ander kan net afgelei word as daar gekyk word na die konteks waarin dit gebruik word.

Verwant:
• sinoniem
• antoniem
• homofoon
• homograaf
• hiperoniem
• hiponiem
• toponiem
• holoniem
• meroniem

Vertaling:
Engels: homonym
Nederlands: homoniem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: homofoon
Volgende onderwerp: homograaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:49:04 MGT 2024