Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oog
oog [boodskap #126550] Di, 11 Junie 2019 05:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Oog.
'n Oog.
oog
Afbreking: oog
Uitspraak: /uə̯χ/




Selfstandige naamwoord: oog
Meervoud:
Verkleinwoord: ogie
Meervoud van verkleining: ogies

Betekenis:
• Orgaan waarmee 'n mens of dier kyk en dinge sien; gesigsorgaan wat ligprikkels waarneem.
• 'n Oogvormige opening in 'n voorwerp.
• Blik wat mens op iets rig.
• 'n Fontein of plek waar gedrink word.

Gebruik:
• My een oog wil nie mooi fokus nie.
• Sy trek 'n garing deur die oog van 'n naald.
• Gooi 'n oog oor die artikel. Alle was op hom gerig.
• Toe hy die plaas betrek het, was daar 'n fontein of oog bó in die berg.

Spreekwoord:
• Hy vang haar oog. [Iemand se aandag trek.]
• Jy moet 'n wakende oog hou. [Iets goed dophou.]
• Uit die oog, uit die hart. [Weg, en daardeur vergete.]
• Die balk in jou eie oog nie opmerk nie. [Jou eie groot foute nie raaksien nie.]
• Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen. [Skeel kyk.]
• Net vir een ding oog en oor hê. [Net in een ding belangstel.]
• Nie 'n krieseltjie om in jou oog te steek nie. [Heeltemal niks.]
• 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. [Presies eis wat 'n mens skade gely het.]
• Die oog van die meester maak die perd vet. [As jy self na jou sake kyk, trek jy die meeste voordeel.]
• Wat die oog nie sien nie, kan die hart nie deer nie. ['n Mens bekommer jou nie oor iets waarvan jy nie weet nie.]
• Hy sien die splinter in my oog, maar vergeet die balk in sy eie. [Klein tekortkomings in ander opmerk, maar jou eie groter gebreke vergeet.]

Hiponiem:
• linkeroog
• regteroog

Afgelei:
• oogaandoening
• oogafstand
• oogappel
• oogarts
• oogbal
• oogbank
• oogdokter
• oogdop
• oogdruppels
• ooghaar
• oogheelkunde
• ooghoek
• oogholte
• ooghoogte
• ooginstituut
• oogkas
• oogklap
• oogkliniek
• oogknip
• oogkontak
• oogkoördinasie
• oogkundige
• oogkwaal
• ooglid
• ooglopend
• ooglyn
• oogmerk
• oogontsteking
• oogoperasie
• oogopslag
• oogpunt
• oogrand
• oogring
• oogsalf
• oogsenu
• oogsiekte
• oogskerm
• oogspesialis
• oogspier
• oogtoets
• oogverf
• oogvlek
• oogvlies
• oogwink

Vertaling:
Engels: eye; fountain
Nederlands: oog
Sotho: leihlo, ihlo
Swazi: liso
Tswana: leitlho
Venda: ḽiṱo, iṱo
Xhosa: iliso
Zoeloe: iso, iliso

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verlede
Volgende onderwerp: hoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:20:41 MGT 2024