Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plant
plant [boodskap #126540] Ma, 10 Junie 2019 17:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Plante
Plante
pant
Afbreking: plant




Selfstandige naamwoord: plant
Meervoud: plante
Verkleinwoord: plantjie
Meervoud van verkleining: plantjies

Betekenis:
• 'n Lewende organisme met blare en wortels wat in die grond groei.

Gebruik:
• Sy gooi die plant elke dag nat.

Antoniem:
• dier

Hiponiem:
• bolplant
• klimplant
• potplant
• rankplant
• sierplant

Afgelei:
• plantasie
• plantmateriaal
• plantkunde

Vertaling:
Engels: plant
Nederlands: plant


Werkwoord: plant
Verlede tyd: het geplant

Betekenis:
• Iets in die grond sit, tipies om te groei.

Gebruik:
• Waar kan ons die boontjies plant?
• Die tent se penne moet stewig in die grond geplant wees.

Spreekwoord:
• Hy kan mielies in sy ore plant. [Iemand se ore is baie vuil.]
• Jy kan aartappels in sy ore plant. [Sy ore is baie vuil.]

Afgelei:
• aanplant
• verplant

Vertaling:
Engels: to plant
Nederlands: planten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: getrek
Volgende onderwerp: swak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 04:49:12 MGT 2024