Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » getrek
getrek [boodskap #126539] Ma, 10 Junie 2019 17:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
getrek
Afbreking: ge•trek



Werkwoord: trek
Verlede tyd: het getrek

Betekenis:
• Verlede deelwoord van trek: krag op 'n voorwerp uitgeoefen; uitgehaal of verwyder; gesigsuitdrukking gemaak; lyn geteken; mense met iets interessants gelok; gelaatstrek gehad; het verhuis.

Gebruik:
• Hy het die bak nader getrek voordat hy geskep het.
• Hulle het sy tand getrek. Sy het geld uit sy rekening getrek.
• Sy het haar gesig getrek.
• Hy het 'n streep onder die antwoord getrek.
• Sy het vreeslik aandag getrek.
• Hy het na sy oupa getrek.
• Hulle het laas week na Johannesburg toe getrek.

Vertaling:
Engels: pulled, dragged, hauled
Nederlands: getrokken


Byvoeglike naamwoord: getrek

Betekenis:
• Dronk of bedwelm wees.

Gebruik:
• Die boemelaar is getrek, mens ruik sommer die drank aan hom.

Vertaling:
Engels: drunk, wasted, plastered, stoned
Nederlands: tipsy, teut

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorgeneem
Volgende onderwerp: plant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:11:09 MGT 2024