Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » begrawe
begrawe [boodskap #126532] So, 09 Junie 2019 20:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
begrawe
Afbreking: be•grawe




Werkwoord: begrawe
Verlede tyd: het begrawe
Teenwoordige deelwoord: begrawende

Betekenis:
• Iets onder die grond toemaak.
• 'n Oorledene in 'n doodskis ter aarde bestel.
• (figuurlik) Vergeet.

Gebruik:
• Gedurende die oorlog het hy sy waardevolle items in die tuin begrawe.
• Ouma is na haar dood begrawe, maar ek wil eerder veras word.
Begrawe om hemels naam die geskil sodat ons kan aanbeweeg.

Spreekwoord:
• Hy begrawe die strydbyl. [Maak vrede.]
• Hy begrawe sy talente. [Hy gebruik nie sy gawes nie.]

Sinoniem:
• begraaf

Antoniem:
• opgrawe

Verwant:
• begraafplaas

Vertaling:
Engels: to bury
Nederlands: begraven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stig
Volgende onderwerp: iemand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:43:58 MGT 2024