Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » suster
suster [boodskap #126514] So, 09 Junie 2019 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
suster
Afbreking: sus•ter
Uitspraak: /ˈsœstər/




Selfstandige naamwoord: suster
Meervoud: susters
Verkleinwoord: sustertjie
Meervoud van verkleining: sustertjies

Betekenis:
• (familie) Vroulike kind van dieselfde ouers.
• 'n Verpleegster met 'n hoë rang.
• Vroulike lid van 'n gemeente of vereniging (soos 'n non).

Gebruik:
• My suster het 'n kêrel.
• Watter suster is aan diens by die hospitaal?
• Ons bid vir elke predikant, ouderling, elke broeder en suster.

Sinoniem:
• sus

Antoniem:
• broer

Afgelei:
• ousus
• kleinsus

Vertaling:
Engels: sister, nurse
Nederlands: zuster, zus
Xhosa: udade, usisi
Zoeloe: udade, usisi, udadewethu, intombazane yakwethu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: daartoe
Volgende onderwerp: blyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 00:28:38 MGT 2024