Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alleen
alleen [boodskap #126481] Sa, 08 Junie 2019 11:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
alleen
Afbreking: al•leen




Byvoeglike naamwoord: alleen
Vergrotende trap: allener
Oortreffende trap: alleenste
Attributief: alleen
Intensief: stokalleen, stoksielalleen, vingeralleen, moedersielalleen, manalleen, vroualleen

Betekenis:
• Met niemand by jou nie; sonder geselskap; in eensaamheid.
• Op jou eie; sonder hulp of medewerking.

Gebruik:
• Laat my alleen met al my verdriet.
• Ek het my veters alleen vasgemaak!

Spreekwoord:
• 'n Ongeluk kom nooit alleen nie. [Een ongeluk word meestal deur 'n ander gevolg.]
• 'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie. [Die geestelike is belangriker as die fisiese.]

Vergelyking:
• so alleen soos my vinger

Vertaling:
Engels: alone, single, isolated
Nederlands: alleen


Bywoord: alleen

Betekenis:
• Slegs; bloot.
• Uitsluitlik.

Gebruik:
• Hy is nie alleen intelligent nie, hy is ook knap.
• Hierdie maaltyd mag alleen in die mikrogolfoond opgewarm word.

Vertaling:
Engels: only
Nederlands: alleen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afdeling
Volgende onderwerp: hulp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:17:01 MGT 2024