Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ouer
ouer [boodskap #126206] Ma, 27 Mei 2019 06:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ouer
Afbreking: ou•er




Selfstandige naamwoord: ouer
Meervoud: ouers
Verkleinwoord: ouertjie
Meervoud van verkleining: ouertjies

Betekenis:
• Die ma of pa van 'n kind.

Gebruik:
• 'n Moeder of ma is die biologiese of sosiale vroulike ouer van 'n kind, terwyl die manlike ouer die vader of pa is.

Afgelei:
• enkelouer
• ouerloos
• ouerskap
• ouer-kindverhouding
• voorouer

Vertaling:
Engels: parent
Nederlands: ouder


Byvoeglike naamwoord: oud
Vergrotende trap: ouer
Oortreffende trap: oudste
Attributief: ou, oue
Partitief: ouds

Betekenis:
• Vergrotende trap van oud.

Gebruik:
• Walvisagtiges sal soms die lewe aan albino kleintjies skenk, wat verkleur namate hulle ouer word.
• Die witdolfyn word al hoe witter namate hulle ouer word.

Spreekwoord:
• Hoe ouer die bok, hoe harder die horing. [Hoe ouer 'n mens is, hoe meer ervare is hy.]

Vertaling:
Engels: older, elder
Nederlands: ouder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorgestel
Volgende onderwerp: magte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 05:05:52 MGT 2024