Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tree
tree [boodskap #126064] Di, 21 Mei 2019 14:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tree
Afbreking: tree
Uitspraak: /trɪə̯/




Selfstandige naamwoord: tree
Meervoud: treë
Verkleinwoord: treetjie
Meervoud van verkleining: treetjies

Betekenis:
• 'n Trap wat 'n mense gee; die afstand wat 'n persoon met 'n enkele beweging aflê as hy loop.
• 'n Afstand wat afgetree is.

Gebruik:
• Nog net 'n paar tree dan is ons daar.
• Die kafee is net 50 tree verder.

Spreekwoord:
• Daar is maar een tree tussen ons en die dood. [Die dood is altyd naby.]

Vertaling:
Engels: pace, step; yard
Nederlands: tree


Werkwoord: tree
Verlede tyd: het getree

Betekenis:
• Loop of stap.
• Jou begewe; oorgaan tot.

Gebruik:
Tree aan! Die skuldige tree na vore.
• Sy tree in die huwelik. Hy tree in gesprek.

Spreekwoord:
• Hy tree in die kryt vir my. [Vir iemand opkom.]
• In die bres tree vir iemand. [Iemand verdedig.]

Vertaling:
Engels: to step, walk, tread
Nederlands: treden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sosiale
Volgende onderwerp: bewind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 17:46:35 MGT 2024