Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoogste
hoogste [boodskap #126016] So, 19 Mei 2019 18:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoogste
Afbreking: hoog•ste




Byvoeglike naamwoord: hoog
Vergrotende trap: hoër
Oortreffende trap: hoogste
Attributief: hoë
Partitief: hoogs

Betekenis:
• Oortreffende trap van hoog.

Gebruik:
• Kilimandjaro is die hoogste berg in Afrika.
• Die Himalajas is die wêreld se hoogste bergreeks.

Antoniem:
• laagste

Spreekwoord:
• Ou bokke pluk die hoogste doringpeule. [Ouer mense oortref dikwels die jongeres.]
• Vir die swartste moerbei klim jy die hoogste. [Vir iets wat die moeite werd is, sal jy baie moeite doen.]
• As die nood op sy hoogste is, is die uitkoms op sy naaste. [As dinge baie sleg is, is die uitkoms naby.]

Vertaling:
Engels: highest
Nederlands: hoogst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meestal
Volgende onderwerp: Frans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:22:04 MGT 2024