Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voël
voël [boodskap #126010] So, 19 Mei 2019 14:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18928
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskeie soorte voëls.
Verskeie soorte voëls.
voël
Afbreking: vo•ël
Uitspraak: /fuə̯ɫ/




Selfstandige naamwoord: voël
Meervoud: voëls
Verkleinwoord: voëltjie
Meervoud van verkleining: voëltjies

Betekenis:
• Warmbloedige dier met twee bene en twee vlerke wat met vere bedek is en eiers lê; 'n lid van die klas op Aves in die filum Chordata.

Gebruik:
• 'n Voël vlieg grasieus deur die lug.
Voëls verskil in grootte van klein mossies tot groot voëls soos volstruise en emoes.

Spreekwoord:
• Die vere maak die voël. ['n Mens word na sy uiterlike geoordeel.]
• Een voël in die hand is beter as tien in die lug. [Kies liewer wat seker is bo die onsekere.]
• Elke voël sing soos hy gebek is. [Elkeen praat en handel maar volgens sy eie aard.]
• Hy sit soos 'n voël op 'n tak. [Sonder 'n vaste woonplek wees.]
• 'n Ou voël met kaf probeer vang. [Probeer om 'n ervare persoon te kul.]
• Solank die voël vlieg, kan enigeen skiet. [Solank 'n meisie ongetroud is kan enigeen by haar vlerksleep.]

Hiponiem:
• loopvoël
• kusvoël
• roofvoël
• sangvoël
• seevoël
• waadvoël

Afgelei:
• geluksvoël
• spotvoël
• voëlgesang
• voëlhok
• voëlnes
• voëlparadys
• voëlpark
• voëlperspektief
• voëlsoort
• voëlspesie
• voëlvanger
• voëlveearts
• voëlverskrikker
• voëlvry
• voëlwild

Vertaling:
Engels: bird
Nederlands: vogel
Xhosa: intaka
Zoeloe: inyoni

Nota:
• Moenie "voël' met "voel" verwar nie.
• Versamelnaam: 'n swerm voëls.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verhouding
Volgende onderwerp: sogenaamde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 10:36:22 MGT 2024