Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vermoor
vermoor [boodskap #125995] So, 19 Mei 2019 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vermoor
Afbreking: ver•moor




Werkwoord: vermoor
Verlede tyd: het vermoor

Betekenis:
• Om met opset en geweld dood te maak; iemand van sy lewe beroof.

Gebruik:
• Aurelianus het net vyf jaar lank regeer voordat hy vermoor is.

Sinoniem:
• doodmaak
• doodslaan
• vrekmaak

Vertaling:
Engels: to murder, assassinate, kill
Nederlands: vermoorden


Byvoeglike naamwoord: vermoor
Attributief: vermoorde

Betekenis:
• Wat met opset en geweld doodgemaak is.

Gebruik:
• Die vermoorde vrou se man het vandag in die landdroshof verskyn.

Vertaling:
Engels: murdered, killed
Nederlands: vermoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soort
Volgende onderwerp: vervreem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 15:21:35 MGT 2024