Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » son
son [boodskap #125957] Sa, 18 Mei 2019 11:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18928
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Foto van die Aarde se Son.
'n Foto van die Aarde se Son.
son
Afbreking: son
Uitspraak: /son/




Selfstandige naamwoord: son
Meervoud: sonne
Verkleinwoord: sonnetjie
Meervoud van verkleining: sonnetjies

Betekenis:
• Die ligstrale wat die aarde bereik.
• (sterrekunde) 'n Hemelliggaam waarom 'n planeet wentel.

Gebruik:
• Hy sit in die son en bak. As die son skyn, speel die kinders graag buite.
• Die aarde, asook ander materie soos planete, asteroïde, meteoriete, komete en stof, wentel om die son.

Spreekwoord:
• Jy staan in jou eie son. [Jy belemmer jou eie kanse.]
• Jakkals trou met Wolf se vrou. [Dit reën terwyl die son skyn.]
• Hulle sit soos dassies in die son. [Lekker sit en bak.]
• Die opgaande son aanbid. [Die party wat mag het, vlei.]
• Iemand is nie werd dat die son op hom skyn nie. [Iemand is baie sleg.]
• Sy son het ondergegaan terwyl dit nog dag was. [Hy het jonk gesterwe.]
• Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie. [Hy is afgunstig.]
• Laat die son nie ondergaan oor jou boosheid nie. [As jy met iemand rusie maak, moet jy voor sononder weer vrede maak.]
• Daar is niks nuuts onder die son nie. [In werklikheid is daar niks wat nie reeds in die een of ander vorm bestaan of ervaar is nie.]
• As die son sak in die weste, is die luiaard op sy beste. [Gesê aan iemand wat eers in die laat middag met 'n ernstige of groot werk begin.]

Antoniem:
• maan

Afgelei:
• son-onder
• son-op
• sonbrand
• sonhoed
• sonkamer
• sonlig
• sonsondergang
• sonsopkoms
• sonroom
• sonskyn
• sonsteek
• sonstraal

Vertaling:
Engels: sun
Nederlands: son
Venda: ḓuvha
Xhosa: ilanga
Zoeloe: ilanga

Nota:
• "Son" word soms met 'n hoofletter geskryf, om aan te toon dat dit ons Aarde se Son is.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergadering
Volgende onderwerp: straks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 10:22:32 MGT 2024