Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » almal
almal [boodskap #125935] Sa, 18 Mei 2019 07:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
almal
Afbreking: al•mal




Onbepaald voornaamwoord: almal

Betekenis:
• Al die mense saam; alle mense; al die dinge saam.

Gebruik:
• Dit is egter nie goeie nuus vir almal nie.
Almal het die waarheid geweet, maar niemand het niks gesê nie.

Sinoniem:
• elkeen

Wisselvorm:
• algar

Spreekwoord:
• Die graf maak almal gelyk. [Die dood wis alle verskille tussen mense uit.]
• Ons vaar almal in dieselfde skuit. [Ons is almal in dieselfde omstandighede.]
• Dis nie almal kokke wat lang messe dra nie. [Skyn bedrieg.]
• Hy dink hy is iemand, almal weet hy is niemand. [Hy dink hy is belangrik, maar is glad nie.]
• As die hemel val, dra ons almal blou musse. [Gesê van iets wat onwaarskynlik is.]
• As die hemel val, is ons almal dood. [Gesê vir iemand wat allerhande onnodige moeilikhede voorsien.]
• Jy is almal se band. [Jy oortref almal.]
• 'n Mens moenie almal uit een pappot wil eet nie. [Twee families moenie ondertrou.]

Vertaling:
Engels: everybody, everyone, everything, all
Nederlands: iedereen, allemaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: werke
Volgende onderwerp: waarna
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 07:06:16 MGT 2024