Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gestel
gestel [boodskap #125920] Vr, 17 Mei 2019 19:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18930
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gestel
Afbreking: ge•stel



Werkwoord: stel
Verlede tyd: het gestel

Betekenis:
• Verlede deelwoord van stel.

Gebruik:
• Hy het die masjinerie in werking gestel.
• Die advokaat het gestel dat sy kliënt onskuldig is.
• Sy het haarself as kandidaat beskikbaar gestel.

Spreekwoord:
• Sy dade is aan die kaak gestel. [Sy slegte dade is geopenbaar.]

Vertaling:
Engels: set, placed, put, tuned
Nederlands: gesteld


Selfstandige naamwoord: gestel
Meervoud: gestelle
Verkleinwoord: gestelletjie
Meervoud van verkleining: gestelletjies

Betekenis:
• Liggaamlike gesteldheid van die mens; konstitusie.

Gebruik:
• My gestel is af.
• Hy gee nie 'n flenter om vir my brose gestel nie.

Vertaling:
Engels: constitution
Nederlands: gestel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: loop
Volgende onderwerp: suide
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 11:50:25 MGT 2024