Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nooit
nooit [boodskap #125910] Vr, 17 Mei 2019 15:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nooit
Afbreking: nooit
Uitspraak: /noːit/




Bywoord: nooit

Betekenis:
• 'n Nadruklike ontkenning. Nie eers eenkeer nie. Op geen tyd en onder geen omstandighede nie.

Gebruik:
• Sy het nooit gedink dat dit so moeilik sou wees nie.

Sinoniem:
• nimmer

Antoniem:
• altyd

Spreekwoord:
Nooit as te nimmer. [Werklik nooit nie.]
• So nimmer as te nooit. [Werklik nooit nie.]
• Liewer laat as nooit. [Liewer laat as glad nie.]
• Dit sal nooit oor my lippe kom nie. [Ek sal nooit daaroor praat nie.]
• Daar sal nooit 'n haan na kraai nie. [Niemand sal dit ooit weet nie.]
• 'n Ongeluk kom nooit alleen nie. [Een ongeluk word meestal deur 'n ander gevolg.]
• 'n Randeier broei nooit 'n gesonde kuiken uit nie. [Van 'n losbol kom nooit iets tereg nie.]
• Sy sal nooit die end daarvan hoor nie. [Sy sal aanhou gespot of verwyt word.]
• Uit die assies van jou vuurherd, sal jy nooit weer kole haal. [Wat verby is, is verby.]
• Dis nooit te laat om tou op te gooi nie. ['n Mens moenie onnodig aanhou met 'n saak nie.]
• 'n Mens moet nooit sê: Fonteintjie, ek sal nooit weer van jou drink nie. [Moenie so seker wees dat jy iets of iemand se hulp nooit weer sal benodig nie.]

Vertaling:
Engels: never
Nederlands: nooit

Nota:
• Wanneer 'n mens "nooit" gebruik, moet daar altyd 'n "nie" later in die sin kom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: affektief
Volgende onderwerp: gevorm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:11:50 MGT 2024