Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vind
vind [boodskap #125848] Wo, 15 Mei 2019 18:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vind
Afbreking: vind




Werkwoord: vind
Verlede tyd: het gevind
Teenwoordige deelwoord: vindende

Betekenis:
• Iets of iemand kry nadat mens daarna gesoek het; na 'n soektog aantref.
• Iets op 'n bepaalde wyse ervaar, beskou of agterkom; bevind; bespeur.

Gebruik:
• Sy vind haar sleutels in die vrieskas!
• Ek vind dat pastei my sooibrand gee.

Spreekwoord:
• Ek vind aanklank daarby. ['n Positiewe ervaring van iets hê.]
• Die hond in die pot vind. [Te laat kom vir ete.]
• Dis vir my om te weet en vir jou om uit te vind. [Ek weet dit, maar sal jou nie sê nie.]

Sinoniem:
• aantref
• bespeur
• kry
• raakloop
• ontdek

Antoniem:
• verloor

Vertaling:
Engels: to find
Nederlands: vinden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beheer
Volgende onderwerp: historiese
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:59:47 MGT 2024