Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » see
see [boodskap #125841] Wo, 15 Mei 2019 06:32
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die see.
Die see.
see
Afbreking: see
Uitspraak: /sɪə/




Selfstandige naamwoord: see
Meervoud: seë
Verkleinwoord: seetjie
Meervoud van verkleining: seetjies

Betekenis:
• Die uitgestrekte oppervlak soutwater wat omtrent twee derdes van die aarde bedek.
• (figuurlik) 'n Oorweldigende hoeveelheid; baie groot massa.
• (oseanografie) Groot hoeveelheid soutwater, in verbinding met 'n ander see of oseaan, teenoor 'n oseaan wat 'n selfstandige geheel met eie sirkulasie vorm.

Gebruik:
• Op vakansie gaan ons die hele week langs die see lê.
• Toe die kinders uit die huis is, het sy skielik 'n see van tyd gehad.
• 'n See, in teenstelling met 'n oseaan, het 'n bodem wat by 'n kontinent (of kontinentale plaat) behoort.

Spreekwoord:
• Dis net 'n druppel water in die see. [Baie min.]
• Water na die see dra. [Iets vir iemand gee wat baie daarvan het.]
• Die see kan hom nie skoon was nie. [Hy is 'n baie slegte persoon.]
• Daar sal nog baie water in die see loop. [Nog baie dinge sal gebeur.]
• Meer mense verdrink in 'n glas as in die see. [Drank eis meer slagoffers as die see.]

Afgelei:
• seegolf
• seelewe
• seeman
• seesand
• seeskulp
• seesout
• seestorm
• seestroom
• seevis
• seevoël
• seewater

Vertaling:
Engels: sea, ocean
Nederlands: zee

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Nederland
Volgende onderwerp: titel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:24:32 MGT 2024