Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikanerjeug
Afrikanerjeug [boodskap #12457] Di, 03 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
et  is tans af-lyn  et
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die Plig van die Boere-Afrikanerjeug

Ai, die jeug van vanddag.......
Moet 'n mens nou huil of moet jy lag?
Die aanloklikhede van die wêreld is soos 'n slang,
Wat elke jongmens met sy gif wil vasvang;
Daarom is alles in die hede,
Tog so besoedel met korrupthede!
Dit maak 'n mens so verdrietig,
As jy sien hoe hul, hul siele vernietig.
Alles in die wêreld is sleg,
En dit is my en jou taak om daarteen te veg!
Want ek is 'n Boere Afrikaner in murg en been;
My taal, godsdiens, kultuur en geskiedenis kan
niemand van my wegneem.
Afrikanerbloed vloei in my are;
My kultuur versorg ek soos my hare;
Afrikaans wil ek inasem,
Sonder 'n ander taal wat dit toewasem.
�Dat die erwe van ons vaders,
vir ons kinders erwe bly�
Dit kón ons doen, met God aan ons sy!
Dit is my leuse,
Vertroetel in my diepste wese;
Dit is ons roeping en ons taak,
Ons moet net God die fondament maak!
Deur Christus wat my die krag gee,
Is ek tot alles in staat!
Re: Afrikanerjeug [boodskap #12581 is 'n antwoord op boodskap #12457] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan Steyn  is tans af-lyn  Johan Steyn
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Ai, die jeug van vanddag.......
Ai die spelling darem.......

> My kultuur versorg ek soos my hare;
Brylcream of Dreadlocks?
Re: Afrikanerjeug [boodskap #12582 is 'n antwoord op boodskap #12457] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan Steyn wrote in article
...
>> Ai, die jeug van vanddag.......
> Ai die spelling darem.......

Relax Johan. Ons almal se vingers struikel so nou en dan oor die toetse :-)
Vorige onderwerp: Geloofwaardigheid
Volgende onderwerp: Visstories
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 15:49:23 MGT 2024