Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geloofwaardigheid
Geloofwaardigheid [boodskap #12510] Sa, 07 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
bjp  is tans af-lyn  bjp
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
16 Januarie 1998

PERSPEKTIEF DEUR GAWIE

Geloofwaardigheid

GELOOFWAARDIGHEID is die uitdrukking van 'n waarde wat in ons dae maar taamlik
skaars geword het. Dit beteken gewoonlik dat 'n mens so praat, leef en werk
dat hy geglo kan word, dat sy integriteit, sy eerbaarheid aanvaar kan word. 'n
Saak is geloofwaardig as dit klaarblyklik waar of eg is. Nou is
geloofwaardigheid en integriteit, soos enige redelike mens dit verstaan, nie
'n saak waaraan die kommunis hom juis steur nie. Dit enersyds vanweë die feit
dat geloofwaardigheid, integriteit, eerbaarheid en dergelike waardes
voortvloei uit 'n vasstaande sisteem van waardes. Wat die Afrikaner betref, is
dit uitdrukking van vaste Bybelse waardes wat uitgespel word in die Woord van
God en soos dit in ons kultuur en beskawing 'n duidelike en omlynde inhoud
gekry het. Hierdie waardes word in ons Afrikaner-leefwêreld as
navolgenswaardig beskou en is so vanselfsprekend dat 'n Afrikaner normaalweg
moeite het om die eerbaarheid en geloofwaardigheid van erkende politieke,
kulturele en kerklike leiers te betwyfel. Dit was seker een van die redes
waarom die NP-Broederbond-NG Kerk-alliansie daarin kon slaag om die Afrikaner
vanaf 1970 so effektief te mislei. Onderrig en gelei deur Amerikaanse
liberaliste het daardie alliansie van die halwe waarheid en die volledige
negering van die waarheid 'n kuns gemaak. Dink maar net weer aan die
slagspreuk: Eie skole, eie woonbuurte! waarmee die Afrikaner ingelok is in die
Nuwe Suid-Afrika waar die kommuniste die pas aangee en waar die Afrikaner se
totale fisiese en geestelike erfenis weggegee is.

Wat gebeur het is dat ons Afrikaners se christelik-nasionale mensopvatting en
lewensbeskouing gekonfronteer en aangeval is deur die ideologie van die
kommunisme en die liberalisme. Omdat hulle met 'n totaal ander waardesisteem
werk, is die Afrikaner wat gewoond was aan die geloofwaardigheid en
integriteit van sy leiers, redelik maklik met 'n slap riem gevang. Dit kon ook
gebeur omdat veral die NG Kerk se leiers ook nogal bedrewe geword om die een
ding te sê en iets anders te bedoel.

Die oorsprong van die waardeverskil lê in die ideologie van die kommunisme.
Die grootmeester van die ideologie, Lenin, se standpunt was: "Ons sê dat ons
moraliteit en waardesisteem volkome ondergeskik is aan die belange van die
proletariaat se klassestryd. Ons lei ons waardesisteem af van die feite en
noodsaaklikhede van die klassestryd..." Dit beteken in werklikheid dat die
kommuniste geen vaste waardesisteem het nie. Dit beteken weer dat alle waardes
alleen aanvaarbaar is solank dit die belange van die kommunisme en sy
vordering dien. Dit is in hierdie verband nogal belangrik om te let op die
uitspraak van ene Forster, 'n leidende figuur in die Amerikaanse Kommunistiese
Party. Hy het gestel: "Vir die kommunisme heilig die doel die middele. Vir 'n
kommunis is dit gladnie belangrik of sy taktiek, optrede of dade 'wettig' of
'moreel-regverdigbaar' is nie solank daardie optrede maar het effektief is.
Die kommunis weet immers dat die heersende waardesisteem en wette gemaak is
deur sy vyande... daarom ignoreer hy dit vir so ver dit moontlik is en dit hom
in staat stel om sy doel te bereik. Die kommunis wil, ongeag enige
kapitalistiese opvatting van reg, billikheid of regverdigheid, 'n groter mag
ontwikkel as wat sy kapitalistiese vyande het."

As in gedagte gehou word dat die SAKP-ANC duidelik gesê het dat hulle oorname
van die staatsmag in 1994 net die eerste stap was op pad na die skepping van
'n kommunistiese staat in Suid-Afrika, dan word 'n paar dinge duideliker.
Lenin maak mos die stelling: "Ons moraliteit is daardie waardesisteem wat
gebruik kan word om die ou, onderdrukkende sisteem te vernietig en om al die
werkers rondom die proletariaat te versamel wat besig is om 'n nuwe,
kommunistiese sisteem te bou. Kommunistiese moraliteit is daardie moraliteit
wat aan die 'struggle' diensbaar is."

Nou is daar net een uitspraak van die kommuniste wat mens werklik kan glo en
dit is die doelwitte van die Party soos dit in hulle Program uitgespel word.
In die lig van daardie feit is die aanslag op die boere op hulle plase, 'n
deel van die kommuniste se strategie om die Afrikaner van sy grond te
verwilder. Die kommuniste sê mos in die Freedom Charter: Restrictions of land
ownership on a racial basis shall be ended and all the land redivided amongst
those who work it... All shall have the right to occupy land wherever they
choose..." Daarby kom dat vir die kommunis die besit van grond en veral
landbougrond gelyk is aan mag. Daarom is noodsaaklik om die Afrikaner
grondeienaar aan te val te terroriseer en van sy grond te verwilder.

As dit die hoë doel van die kommuniste is, dan moet ons aanvaar dat die regime
hierdie huidige terroriste-aanslag met woorde sal "veroordeel", die Afrikaner
sal probeer paai en terselfdertyd die aanval sal toelaat om voort te gaan.
Omdat die kommuniste die staatsmag in hande het, sal hulle deur wetgewing en
deur die howe dit vir die Afrikanerboer so moeilik as moontlik maak om homself
te verdedig of terug te skiet. Terselfdertyd sal ons daarop bedag moet wees
dat die propagandiste van die kommunisme wat Afrikaans praat in die kerke en
in die openbare media sorgvuldig sal vertel dat die "herverdeling van grond"
'n Christelike plig en eis is.

Dieselfde kommunistiese moraliteit kom ook na vore by die Biegkommissie. Dit
is bekend dat die voorsitter van die kommissie iemand soos Winnie Mandela wat
van nogal growwe oortredings beskuldig is, omhels en ondersteun het. Aan die
ander kant word 'n man soos PW Botha met mag en mening vervolg. Maar ook dit
is nie vreemd nie. Die Kommunistiese Partyprogram sê mos: "... a vigorous and
vigilant dictatorship must be maintained by the people ( = die Party) against
the former dominating and exploiting classes." Die Biegkommissie, so lyk dit,
het een groot taak: die bevordering van die doelwitte van die Kommunistiese
Party.

Dit lyk tog noodsaaklik dat ons dit baie goed moet onthou: op alle
lewensvlakke is daar 'n tromp-op botsing tussen die kommunistiese ideologie en
die doelwitte van die Kommunistiese Party en die Afrikaner se
Christelik-nasionale mensopvatting en lewensbeskouing en sy strewe na vryheid
en selfbeskikking.

In die stryd is daar ook 'n botsing oor waardes en die inhoud van die woorde
wat daardie waardes verwoord. Juis daarom is dit belangrik om te weet: die
kommunis het geen vaste waardes nie. Al vraag wat hy met sy optrede vra en
uitsprake vra, is: dien dit die belange van die Party? Bevorder dit die
doelwitte van die Party? Daarom het woorde en begrippe by die kommuniste geen
vaste inhoude nie. Moord is alleen moord as dit op 'n Partygenoot gepleeg
word. Moord op 'n Afrikaner is nie moord nie maar die regmatige uitvoering van
'n taak.

As dit in gedagte gehou word dan word dit duidelik dat in die Nuwe Suid-Afrika
elke redelike mens baie versigtig moet wees om te glo en te aanvaar dat die
uitsprake van die SAKP-ANC en sy meelopers, die liberaliste, die "waarheid"
is. Immers in daardie kringe is die "waarheid" alleen waar as dit die belange
van die Party dien.

Geloofwaardigheid, integriteit, eerbaarheid is waardes wat net in die kring
van Afrikaner-nasionaliste voorkom. Hulle woorde, dade en beloftes praat
dieselfde taal. Maar buite die kring van die egte Afrikaner moet elke woord
wat mens hoor geweeg word in die lig van die vraag: dien dit nie dalk die
belange van die Kommunistiese Party nie? Dit is 'n nare situasie waarin ons
beland het maar terwille van oorlewing, terwille van die behoud van ons
menswees en ons beskawingserfenis moet ons vandag opreg wees soos duiwe en so
versigtig soos slange want ons leef onder die wolwe.
Re: Geloofwaardigheid [boodskap #12548 is 'n antwoord op boodskap #12510] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Feb 1998 21:00:10 +0200, "Barend Pieterse"
wrote:

>

Vintage John Vorster!
Ek kan amper die aksent hoor!

(Praat jy uit n tydkapsule?!)
Vorige onderwerp: Hang haar op!
Volgende onderwerp: Afrikanerjeug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 10:38:02 MGT 2024