Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gelei
gelei [boodskap #125788] Ma, 13 Mei 2019 15:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelei
Afbreking: ge•lei




Werkwoord: lei
Verlede tyd: het gelei

Betekenis:
• Verlede deelwoord van lei.

Gebruik:
• Hy het die bokke na die water gelei.
• Sy het 'n goeie lewe gelei.
• Die dominee het sy gemeente gelei.
• Die ekonomiese insinking tet tot groot werkloosheid gelei.

Spreekwoord:
• Soos 'n lam na die slagpale gelei word. [Sonder verset jou ondergang tegemoetgaan.]

Afgelei:
• geleibaar
• geleiding
• geleidraad

Vertaling:
Engels: lead, escort
Nederlands: geleid


Selfstandige naamwoord: gelei
Meervoud: geleie

Betekenis:
• (verouderd) 'n Geurige jellie van vleis of vrugte.

Gebruik:
• Agar-agar is 'n plantaardige jellie of gelei van seewier.

Sinoniem:
• selei
• jellie

Vertaling:
Engels: jelly
Nederlands: gelei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: munisipaliteit
Volgende onderwerp: aanvanklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:03:38 MGT 2024