Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baird, John Logie
Baird, John Logie [boodskap #125781] Ma, 13 Mei 2019 07:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Logie Baird in 1917.
John Logie Baird in 1917.
John Logie Baird (1888 — 1946) was 'n Skotse uitvinder. Hy het onderskeiding verwerf met sy geslaagde demonstrasie van televisie (omlyning van die beeld) in 1924; radio-oorsending van die menslike gesig in swart en wit in 1926; in 1928 televisie in kleur reggekry en oor die Atlantiese Oseaan uitsendings gedoen. Die Baird-stelsel is deur die Duitse poswese oorgeneem en 1929 deur die B.B.C. in gebruik geneem, maar Baird se meganiese aftasting is later baie vinniger gedoen deur ’n elektriese straal in ’n katodestraalbuis. Baird het 1941 televisie in kleur sowel as reliëf (3D) gedemonstreer.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baikalmeer
Volgende onderwerp: Bajonet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:55:25 MGT 2024