Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bahurutshe (Hurutshe)
Bahurutshe [boodskap #125749] So, 12 Mei 2019 07:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Bahurutshe (kortweg Hurutshe) is 'n stam, behorende tot die Wes-Sotho- (Tswana-)groep van die Bantoe; woon in die omgewing van Zeerust en gedeeltelik in Betsjoenaland. Die voorsate van die huidige Bahurutshe het van die moederstam onder Masilo I weggebreek onder leiding van sy seun Molape, terwyl die oorblywende gedeelte na die dood van Masilo onder kapteinskap van sy kleinseun Kwêna gekom het en Bakwêna genoem is. By die dood van Molape het hierdie gedeelte weer verdeel onder leiding van 3 van Molape se seuns: Mohurutshe, Ngsvato en Ngwaketse. Dit is dan die oorsprong van die Bamangwato en die Bangwaketse. Die Bahurutshe het die bobbejaan (tshwene) as totem aanvaar. Die Bakwêna, Ngwaketse en Bamangwato het egter die krokodil (kwêna) as totem behou. Hierdie verdeling is baie ver terug in die geskiedenis en kan moontlik terugreik tot die 16de eeu. Waar dit plaasgevind het, is ook nie presies bekend nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bahrein-eilande
Volgende onderwerp: Baikalmeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:45:32 MGT 2024