Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlag
vlag [boodskap #125724] Sa, 11 Mei 2019 10:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vlae van die wêreld.
Vlae van die wêreld.
vlag
Afbreking: vlag
Uitspraak: /vlag/




Selfstandige naamwoord: vlag
Meervoud: vlae
Verkleinwoord: vlaggie
Meervoud van verkleining: vlaggies

Betekenis:
• 'n Lap/doek met patrone en kleure was as simbool van 'n party, land of nasie gebruik word.

Gebruik:
• Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra, die vlag van ons eie Suid-Afrika. [Vlaglied]

Spreekwoord:
• Hy stryk die vlag. [Oorgee; vir iemand ingee.]
• Hulle vaar onder valse vlag. [Hulle doen hul anders voor as wat hulle werklik is.]
• Die vlag halfstok laat hang. [Eer betoon aan 'n belangrike persoon wat oorlede is.]
• Die vlag dek die lading. ['n Goeie naam kan selfs iets minderwaardigs tot aanbeveling strek.]

Hiponiem:
• hoekvlag
• landsvlag

Afgelei:
• vlagdoek
• vlaghyser
• vlaglyn
• vlagman
• vlagoffisier
• vlagpaal
• vlagsein
• vlagseiner
• vlagsinjaal
• vlagskip
• vlagstok
• vlagstryking
• vlagswaaier
• vlagswaaiery
• vlagtaal
• vlagvertoon
• vlagvoerder
• vlagwet

Vertaling:
Engels: flag, colours
Nederlands: vlag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vroeë
Volgende onderwerp: daardie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 10:01:56 MGT 2024