Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Babiroesa
Babiroesa [boodskap #125681] Do, 09 Mei 2019 19:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Babiroesa.
'n Babiroesa.
Babiroesa is 'n wildevark van die Oos-Indiese Eilande. Die mannetjie het baie lang tande, wat deur die vel van die snoet steek en agtertoe buig. Die funksie hiervan is onbekend. Die tande is te broos om vir gevegte te gebruik en breek maklik af. By die mannetjies steek daarnaas ook die hoektande in die onderkaak uit die bek uit. Hulle leef in reënwoude, naby riviere en mere, en is goeie swemmers. Hulle is omnivore, maar blare en vrugte vorm die grootste deel van hul dieet.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Babington, Anthony
Volgende onderwerp: Bacchus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 12:20:50 MGT 2024