Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eie
eie [boodskap #125515] Di, 30 April 2019 12:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eie
Afbreking: eie
Uitspraak: /eie/




Byvoeglike naamwoord: eie

Betekenis:
• Wat op jouself betrekking het; kenmerkend van jou of behoort aan jou.
• Tipies vir iets anders.

Gebruik:
• Gebruik jou eie potlood, jy hoef nie myne te leen nie.
• Elke landskap het 'n bekoring van sy eie. Tasmaniese duiwels jag hulle eie prooi, maar is ook aasdiere.

Spreekwoord:
• Jou eie basuin blaas. [Jou eie roem verkondig.]
• Jou eie keel afsny. [Jou eie] ondergang bewerk.]
• Jou eie nes bevuil. [Jou eie familie slegmaak.]
• Jy moet jou eie potjie krap. [Vir jouself sorg.]
• Jy moet voor jou eie stoep vee. [Bemoei jou met jou eie sake.]
• Jy staan in jou eie son. [Jy belemmer jou eie kanse.]
• Deur jou eie honde gebyt. [Deur jou eie mense benadeel word.]
• Die balk in jou eie oog nie opmerk nie. [Jou eie foute nie raaksien nie.]
• Elke dassie prys sy eie kwassie. [Elkeen is trots op sy eie.]
• Hy grawe sy eie graf. [Hy bewerk self sy ondergang.]
• Hy is bang vir sy eie skaduwee. [Baie bang wees.]
• Hy staan op eie pote. [Onafhanklik.]
• Iets op eie houtjie aanpak. [Iets op eie gesag doen.]
• In jou eie strik gevang word. [Deur jou eie toedoen in die moeilikheid beland.]
• Jakkals prys sy eie stert. [Iemand prys homself.]
• Kommandeer jou eie honde en blaf self. [Doen self wat jy voorstel en moenie verwag ander moet dit doen nie.]
• Laat braai hom in sy eie vet. [Hom aan sy lot oorlaat.]
• 'n Profeet word nie in sy eie land geëer nie. [Verdienstelike persone kry meer waardering by vreemdes as by hul eie.]
• Op eie stoom iets doen. [Iets self vermag.]
• Steek jou hand in eie boesem. [Jou gewete ondersoek en skuld erken.]
• Te laat vir jou eie begrafnis wees. [Baie stadig wees.]
• Vee eers voor jou eie deur. [Sorg eers vir sake wat jou persoonlik raak.]

Afgelei:
• eienaar
• eiendom
• eienskap
• eiesinnig

Vertaling:
Engels: own, self
Nederlands: eigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sluit
Volgende onderwerp: meeste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 05:14:29 MGT 2024