Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dood
dood [boodskap #125492] Ma, 29 April 2019 16:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19446
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dood
Afbreking: dood
Uitspraak: /dʊət/




Byvoeglike naamwoord: dood
Vergrotende trap: dooier
Oortreffende trap: dooiste
Attributief: dooie
Partitief: doods
Intensief: morsdood

Betekenis:
• Nie meer lewend; oorlede; omgekom; afgestorwe.
• (figuurlik) Moeg; uitgeput; lusteloos.

Gebruik:
• Twee mense is in die vliegtuigongeluk dood.
• Hy het gister byna dood hier aangekom.

Vergelyking:
• So dood soos 'n mossie.

Antoniem:
• lewendig

Vertaling:
Engels: death, deceased
Nederlands: dood


Selfstandige naamwoord: dood
Meervoud:

Betekenis:
• Nie meer lewend; toestand na die einde van 'n organisme se lewe.

Gebruik:
• Sy het 'n natuurlike dood gesterf.

Spreekwoord:
• So dood soos 'n mossie. [Morsdood.]
• 'n Broertjie dood aan iets hê. [Iets haat.]
• Nie om die dood nie. [Onder geen omstandighede nie.]
• Kannie is dood van kruiwastoot. [Niks is onmoontlik nie.]
• Vars botter en warm brood, is 'n ou man se bittere dood. [Gesê as 'n ou man met 'n jong vrou trou.]
• Die een se dood is die ander se brood. [Die dood of ondergang van een persoon bevoordeel meestal 'n ander persoon.]

Antoniem:
• lewe

Afgelei:
• doodgooi
• doodloop
• doodlyn
• doodmaak
• doodmoeg
• doodsertifikaat
• doodstryd
• genadedood
• selfdood

Vertaling:
Engels: dead, decease, demise
Nederlands: dood

Nota:
• Die woord "dood" is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omdat
Volgende onderwerp: gebou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 00:29:38 MGT 2024