Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lank
lank [boodskap #125487] Ma, 29 April 2019 15:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19010
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lank
Afbreking: lank




Byvoeglike naamwoord: lank
Vergrotende trap: langer
Oortreffende trap: langste
Attributief: lang (lange)
Intensief: ellelank, lewenslank

Betekenis:
• Van groot lengte; met groot afstand tussen die ente.
• Van groot duur; langdurig.
• Die genoemde tyd neem.
• Die genoemde lengte hê.

Gebruik:
• Die dogter is net so lank soos haar ma.
• Dit het lank gevat om daar te kom.
• Die vertoning is 'n uur lank.
• Die seun is byna twee meter lank.

Spreekwoord:
• Hier te kort en daar te lank. [Daar is talle besware en verskonings.]
• Dis so lank as wat dit breed is. [Dit maak geen verskil nie.]
• Geluk is maar 'n dag lank. [Geluk is van korte duur.]
• Hoër vlieg as wat jou vlerke lank is. [Meer onderneem as wat jy kan doen.]
• Hy is lank in die land. [Hy het al baie ondervinding opgedoen.]
• Nie verder kyk as wat jou neus lank is nie. [Nie vooruit dink nie.]

Antoniem:
• kort

Vertaling:
Engels: long, tall
Nederlands: lang

Nota:
• Gebruik "lang" vóór 'n naamwoord, maar "lank" ná die naamwoord, byvoorbeeld: "Die lang man..." teenoor "Die man wat lank is".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: staan
Volgende onderwerp: moet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:57:46 MGT 2024