Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kom
kom [boodskap #125412] Ma, 22 April 2019 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kom.
'n Kom.
kom
Afbreking: kom
Uitspraak: /kɔm/




Werkwoord: kom
Verlede tyd: het gekom
Teenwoordige deelwoord: komende

Betekenis:
• Om na iemand of iets te gaan; beweeg van 'n posisie verder weg tot nader aan die spreker.
• 'n Toestand bereik; aanbreek; begin; gebeur; verskyn; arriveer.

Gebruik:
Kom hier! Daar kom die Alibama.
• Ons dag sal kom.

Spreekwoord:
• Agter die kap van die byl kom. [Iets agterkom[ uitvind hoe iets inmekaarsteek.]
• Agteros kom ook in die kraal. [Al is ’n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees.]
• Berou kom altyd te laat. [Eers wanneer iets klaar gebeur het, is 'n mens spyt daaroor.]
• Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. [Niks bly onveranderd nie.]
• Daar kom dadels van. [Daar kom niks van nie.]
• Die aap kom uit die mou. [Die geheime planne word bekend.]
• Dit kom hom duur te staan. [Daarvoor sal hy moet boet.]
• Eendag gaan my skip kom. [Eendag gaan ek geld kry.]
• Hoogmoed kom voor 'n val. ['n Hoogmoedige mens word verneder.]
• Hy kom nie die mas op nie. [Hy slaag nie; is nie suksesvol nie.]
• Van lag kom huil. ['n Waarskuwing veral aan kinders teen lawaaierige pretmakery.]
• Weer op die been kom. [Om te herstel.]

Antoniem:
• gaan

Vertaling:
Engels: to come
Nederlands: komen


Selfstandige naamwoord: kom
Meervoud: komme
Verkleinwoord: kommetjie
Meervoud van verkleining: kommetjies

Betekenis:
• 'n Houer; koppie/bakkie sonder 'n oor; eetgerei, dieper as 'n bord.
• (geologie) Laagte; vallei; vlak holte in die aardoppervlak.

Gebruik:
• Hier is vir jou 'n kommetjie sop.
• Die skape wei by die windpomp onder in die kom.

Vertaling:
Engels: bowl, tureen
Nederlands: kom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tweede
Volgende onderwerp: naam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 10:45:02 MGT 2024