Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aristoteles
Aristoteles [boodskap #125389] So, 21 April 2019 07:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Borsbeeld van Aristoteles.
Borsbeeld van Aristoteles.
Aristoteles (384 - 322 v.C.) was 'n Griekse denker, moontlik die grootste wat ooit gelewe het; gebore in Stagira, Macedonië, waarvandaan hy na Athene gegaan en 20 jaar onder Plato gestudeer het. Hy het 'n leermeester geword van Alexander die Grote; na Athene teruggekeer in 332 v.C. en sy eie skool, die Peripatetiese skool, gestig. Dante het hom "vader van dié wat weet" genoem. Geen ander wysgeer het geskrifte van soveel belang oor soveel onderwerpe nagelaat nie. Selfs sy vroeë uitlatinge het sommige van Plato se belangrikste leerstellinge weerspreek, maar die twee het vriende gebly. Ná die dood van Plato het Aristoteles hom in sy studie van die natuurlike historie en suiwere wiskunde verdiep en daardeur al hoe verder van Plato se denkwyse beweeg. Sy grootste oorspronklikheid verskyn in sy meesterlike boeke oor die logika, fisika, sielkunde en biologie. Hy was die eerste denker wat hierdie vakke op ’n wetenskaplike grondslag geplaas het. Nouliks minder belangrik is sy geskrifte oor die metafisika (deur hom behandel as die studie van die bestaan, en gevolglik die wetenskap waaronder al die ander wetenskappe val) die etiek (die studie van goedheid en swakheid in die mens), staatkunde en letterkundige kritiek, waarmee hy begin het. Hierdie boeke, vertaal in Arabies, daarna in Latyn, het ’n diepe invloed op die meeste wysgere van die Middeleeue gehad. Sy menings oor al hierdie onderwerpe word nog in ruime mate bestudeer - ’n bewys van die verbasende omvang en krag van sy verstand.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aristophanes
Volgende onderwerp: Arizona
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 20:37:37 MGT 2024