Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » net (nét)
net [boodskap #125385] Sa, 20 April 2019 20:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Visse in 'n net.
Visse in 'n net.
net
Afbreking: net
Uitspraak: /net/




Selfstandige naamwoord: net
Meervoud: nette
Verkleinwoord: nettjie
Meervoud van verkleining: nettjies

Betekenis:
• Knoopwerk, byvoorbeeld van tou of garing, met gate daarin om visse te vang, balle te keer, hare vas te hou, ens.

Gebruik:
• Die visserman gooi sy net uit oor die water.

Afgelei:
• gooinet
• haarnet
• sleepnet
• spannet
• tennisnet
• visnet
• voëlnet
• werpnet

Vertaling:
Engels: net
Nederlands: net


Byvoeglike naamwoord: net
Vergrotende trap: netter
Oortreffende trap: netste
Attributief: nette
Partitief: nets

Betekenis:
• Netjies, skoon en aan die kant. Nie vuil, lelik of slordig nie.

Gebruik:
• Jou kamer is besonder net.

Vertaling:
Engels: neat, clean, tidy
Nederlands: net


Bywoord: net

Betekenis:
• Alleen; slegs.
• Direk na iets anders.

Gebruik:
• Kan ons asseblief net stilte kry!
Net na sy die rook geruik het, het sy gesien die huis brand.

Vertaling:
Engels: only, just
Nederlands: net

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tydens
Volgende onderwerp: al
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 14:05:18 MGT 2024