Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Archimedes
Archimedes [boodskap #125338] Vr, 19 April 2019 07:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Archimedes, soos voorgestel deur Domenico Fetti in 1620.
Archimedes, soos voorgestel deur Domenico Fetti in 1620.
Archimedes van Sirakuse (287 - 212 v.C.) was 'n Griekse geleerde en die grootste natuur- en wiskundige van die Oudheid. Archimedes het die beginsel van hefbome ontdek en gesê dat as hy in die ruimte ’n plek kon kry om ’n hefboom op te laat rus, hy die aarde sou verskuiwe. Die uitvinding van die skroef van Archimedes, ’n meganiese middel om water na ’n hoër vlak te bring, word aan hom toegeskrywe.

Hy het die wet van Archimedes ontdek: as ’n liggaam in ’n vloeistof gedompel word, ondergaan dit ’n skynbare gewigsverlies wat gelyk is aan die gewig van die vloeistof wat verplaas word.

Archimedes was ook ’n baanbreker in die meetkunde, veral van die sirkel, bol, spiraal en silinder. Hy is (vermoedelik per abuis) deur ’n Romeinse soldaat doodgemaak by die beleg van Sirakuse.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Archbell, James
Volgende onderwerp: Ardenne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:33:18 MGT 2024