Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: negatiewe berigte
Re: negatiewe berigte [boodskap #12520] Sa, 07 Februarie 1998 00:00
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Is nou maar menslike natuur dink ek ... Ek sê ek is baie positief - en dan
ontlok iemand soos die dame met die gedigte negatiewe reaksie by 'n mens.

En dit is darem lekker om so nou en dan bietjie te redeneer. Die
belangrike is om nie net af te kraak nie, maar om elke keer eerder te kyk
of iets positiefs gesê kan word. Dalk iets wat die dame uit Kanada kan
probeer ...

| nuusgroep bevoordeel nie. Of is dit maar die Afrikaner-ras se kenmerk
| ...... dit wat hom in staat gestel het om sy wortels in Afrika te plant en
| te vestig ? Hoop nie dat dit uiteindelik sy ondergang ook is nie.
|
| En daar doen ek toe presies dieselfde ..... 'n negatiewe opmerking gemaak
| !?!
|
| Wel .... kan dalk gesels oor vandag se sonskyn op Hermanus en die
| kreefseisoen wat oop is en die beste manier om vanaand die rooi bulle van
| die diepsee voor te sit saam met witrys :)
|
| Groete
|
| dega
|
Vorige onderwerp: Skei konservatiewe politiek en afrikaans asseblief !!!
Volgende onderwerp: Skei konservatiewe politiek en afrikaans asseblief !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 06:49:04 MGT 2024