Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hang haar op!
Hang haar op! [boodskap #12495] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die Amerikaanse vrou wat ter dood veroordeel is:

Het sy enigsins genade betoon toe sy haar slagoffers
wreedaardig vermoor het ?
Kom ons praat bietjie oor hoe haar slagoffers se laaste
oomblikke was, i.p.v. hare.
Net omdat sy 'n vrou is moet dinge nou anders wees ? Ga!

vriendelike groete
Re: Hang haar op! [boodskap #12496 is 'n antwoord op boodskap #12495] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Galjoen!" wrote:

> Die Amerikaanse vrou wat ter dood veroordeel is:

> Het sy enigsins genade betoon toe sy haar slagoffers
> wreedaardig vermoor het ?
> Kom ons praat bietjie oor hoe haar slagoffers se laaste
> oomblikke was, i.p.v. hare.
> Net omdat sy 'n vrou is moet dinge nou anders wees ? Ga!

> vriendelike groete

Natuurlik moet die wet vir iedereen gelyk toegepas word sonder dat dit
verskil mag maak of die beklaagde 'n man of 'n vrou, of 'n Christen of
'n ateis is. Die meeste Amerikaners (en seker die Texaners) is
voorstanders van die doodstraf, en die Texaanse wet is hier sonder
aansien des persoons toegepas. Die proteste in Amerika self kom my
nogal vreemd voor.

Feitlik het hierdie vrou nog geluk gehad; enkele jare gelede was sy
moontlik op die elektriese stoel gebraai in plaas van met 'n
gifinjeksie geeksekuteer (selfs in die Verenigde State skry die
beskawing voort :-)

Nietemin is ek self in prinsipe 'n teenstander van die doodstraf. Dit
is naamlik opvallend dat die lande met die laagste kriminaliteit
deurgaans ook lande is waar die doodstraf nie bestaan nie (maar
miskien is hierdie straf in meer beskaafde lande minder nodig?)

Verder, hierdie Texaanse vrou was ongetwyfeld skuldig, maar dit sal
seker nie die eerste keer wees nie dat 'n onskuldige deur 'n
geregtelike dwaling geeksekuteer word. Wanneer so iets gebeur, is dit
baie moeilik om die dooie weer tot lewe te wek.

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
versie 3.1).

Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).

http://travlang.com/Ergane/
------------------------------------------------------------ ---
Re: Hang haar op! [boodskap #12519 is 'n antwoord op boodskap #12495] Sa, 07 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Had ons maar die doodstraf soos in die Arabiese lande waar koppe en hande
in die openbaar afgehaal word! Daar word heelwat minder gesteel en gemoor
as is "meer beskaafde lande". Wens ons kon die eksekusies in die openbaar
kry ...

| ek beswaar maak teen jou pro-doodstraf
| pos. Jy ken die argumente, dus sal ek
| dit nie herhaal nie. Ek was ook baie
| bly toe hulle die doodstraf in SA afgeskaf
| het. Dis daarom dat Chris Hani se moordenaar
|
Re: Hang haar op! [boodskap #12557 is 'n antwoord op boodskap #12495] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Nico" wrote:

> Had ons maar die doodstraf soos in die Arabiese lande waar koppe en hande
> in die openbaar afgehaal word! Daar word heelwat minder gesteel en gemoor
> as is "meer beskaafde lande". Wens ons kon die eksekusies in die openbaar
> kry ...

Bedoel jy 'n Arabiese land as Irak waar iedereen wat teen die
president is, onmiddellik opgepak en geeksekuteer word (na die
gebruiklike ondervraging deur Saddam se folteraars en miskien 'n
skertsproses daarna), of 'n ander Arabiese land soos Saoedi-Arabie
waar owerspelige vrouwe gestenig word, of wellig 'n land soos Iran
(nie Arabies nie maar wel Mohammedaans) waar kortgelede 'n Duitser ter
dood veroordeel is omdat hy 'n verhouding sou he^ met 'n Islamitiese
vrou (volgens sommige het hy die vrou slegs 'n kussie gegee)?

Wie het nog gewone moordenaars nodig in 'n land waar die justisie self
so bloeddorstig is? En miskien is daar wel minder gewone diewe as in
meer beskaafde lande (en dit is allermins seker), maar deurgaans word
dit ruim voldoende gekompenseer deur die korrupsie en verspilling by
die owerheid.

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ --
Ergane, senpaga multlingva vortarprogramo por Windows.

Vorttrezoroj por pli ol 50 lingvoj havebla.
------------------------------------------------------------ --
Ergane, a free multi-lingual dictionary programme for Windows.

Vocabularies for more than 50 languages available.
------------------------------------------------------------ --
http://www.travlang.com/Ergane/
Vorige onderwerp: F.W se Manewales!
Volgende onderwerp: Geloofwaardigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:05:37 MGT 2024