Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ampère
Ampère [boodskap #125147] Sa, 16 Maart 2019 18:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou ampère-meter.
'n Ou ampère-meter.
Die Ampère (genoem na André-Marie Ampère, dikwels geskrywe as amp) is die eenheid van elektriese stroomsterkte.

Een ampère is die stroom opgewek deur 1 volt wat deur ’n weerstand van 1 ohm werk, dus ampères=volts/ohms.

Die internasionale ampère is op 'n stadium gedefinieer as die elektriese stroom wat, wanneer dit deur ’n oplossing van silwernitraat gestuur word, silwer laat neerslaan teen 0.001118 gm. per sekonde. Beter definisies in ondertussen aanvaar.

Die praktiese eenheid van elektriese stroomhoeveelheid is die ampère-uur, d.w.s. die hoeveelheid elektrisiteit verteenwoordig deur die vloei van 1 ampère 1 uur lank. Een ampère-uur = 3,600 coulomb. Sien Elektrisiteit.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amos
Volgende onderwerp: Ampère, André Marie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:46:10 MGT 2024