Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alexandrië
Alexandrië [boodskap #124949] So, 10 Maart 2019 05:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ligging van Alexandrië in Egipte.
Ligging van Alexandrië in Egipte.
Alexandrië is die vernaamste hawestad in Egipte. Dit is gestig deur Alexander die Grote in 332 v.C. en was eertyds deur ’n viaduk met die eiland Pharos verbind. Die stad het ’n groot handelsentrum en setel van geleerdheid geword met tempels en koninklike paleise, die beroemdste biblioteek van die Oudheid, ens. Dit het agteruitgegaan onder die Turke, maar het in die 19de eeu weer opgelewe, toe dit ’n tyd lank feitlik die hoofstad van Egipte was. Deur die Britse vloot gebombardeer in 1882. Dit is toe met die res van Egipte deur Brittanje beset en dit het die hoofbasis van sy Middellandse See-vloot geword. Nou Egipte se belangrikste handelstad en ’n groot katoenmark.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alexander die Grote
Volgende onderwerp: Alexis, Willibald
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 04:40:48 MGT 2024