Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Albigense (Albigensers)
Albigense [boodskap #124921] Wo, 06 Maart 2019 19:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Albigense (of Albigensers) was 'n godsdienstige sekte genoem na die stad Albi in Frankryk. Die sekte het in die 12de eeu uit die Balkanskiereiland Europa binnegedring en hulle veral in Noord-Italië en Suid-Frankryk gevestig. Hulle aanvaar volkome skeiding tussen gees en stof; glo dat die saligheid verkry word in die weg van gebed, askese en geestesdoop; verwerp beelde, altare, kruise en die Roomse sakramente omdat dit die band met die sinnelike dinge behou. Pous Innocentius III het ’n heilige kruistog teen hierdie sg. Katare, d.i. reines (’n naam waarvan die Duitse woord vir ketter afkomstig is) uitgeroep, en in die volgende 20 jaar (1209 - 29) is die sekte in verwoestende oorloë byna heeltemal uitgeroei.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Albertyn, Pierre Kuypers
Volgende onderwerp: Albino
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 04:21:59 MGT 2024